SNP wintersportdag is ‘n reuse sukses
Klaasvakie het seker vroeër ingetree na al die opwinding en energie wat verbrand is by verlede Saterdag se wintersportdag.
Suid-Natal Primêr het ? suksesvolle gr 1, 2 en 3 wintersportdag aangebied verlede week. Die 500 rugby, netbal en hokkie spelers het ywerig teen mekaar meegeding.
Elke span het ongeveer aan vyf wedstryde deelgeneem en basiese vaardighede en sportmangees ten toon gestel. Baie dankie aan al die ouers vir die ondersteuning. Spanne het gemengde uitslae behaal.
Veels geluk aan Marnu Koekemoer wat die KZN swemspan gehaal het. 'n Uitmuntende prestasie vir die talentvolle sportman.
Karate manne het weereens nie teleurgestel nie. By die Arnold Classic toernooi behaal Marcel du Toit, Marnu Koekemoer en Divan du Toit ? brons medalje in span kata.
Wian de Beer ryg die goue medaljes in met sy deelname aan ? kompetisie in Windhoek en word eerste geplaas met sy deelname in Suid-Afrika.
Jayden Forster en Armand Joubert het deelgeneem aan die Nasionale Kampioenskappe in Ellis Park, Johannesburg, deelgeneem en Jayden het ? skitterende brons en goue medalje verower.
