Local newsNews

Huibré van der Spuy oorlede

Sy was betrokke gewees by die kerk en kultuurorganisasies soos Dameskring en Silwerkring.

Jare lange inwoner van Amanzimtoti, Huibré van der Spuy, weduwee van wyle Danie van der Spuy, is op Saterdag, 4 Oktober op die ouderdom van 79 jaar, in Mooihawens Ouetehuis oorlede.

Sy is op 1 September 1935 in Bloemhof, in die ou Wes-Transvaal gebore, het skoolgegaan aan die Hoër Volkskool Heidelberg en na skool in Vereeniging ‘n verpleegsters diplomakursus geloop.
Huibré was met Danie van der Spuy getroud. Hulle het in 1965 Amanzimtoti toe verhuis.
Danie was instrumenteel in die stigting van Kuswag Skool in 1970. Uit hulle huwelik van 54 jaar is vier kinders gebore. Ten spyte van ‘n gestremde linkerarm as gevolg van polio, het sy hierdie vier kinders grootgemaak en ‘n ondersteunende rol in haar man en kinders se lewens gespeel.

Sy was betrokke gewees by die kerk en kultuurorganisasies soos Dameskring en Silwerkring.
Huibré moes ongelukkig twee van haar vier kinders, Danie (Jnr) en Riana en haar man in haar leeftyd begrawe en veral die afsterwe van haar jongste dogter Riana, op 18 Junie 2014, het haar baie swaar getref.
Haar gedenkdiens word op Donderdag, 9 Oktober 2014 om 11.00vm, uit die Taborsaal by Mooihawens gehou.

Huibré word oorleef deur haar twee oudste kinders Pieter en Elmien, haar broer Koos le Roux, haar vier kinders se gades, nege kleinkinders en drie agterkleinseuns.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button