CompetitionsCompetitionsLifestyleLocal newsNews

[KOMPETISIE] Wen Kuswag Karnaval kaartjies

Inskrywings sluit middernag op Donderdag, 11 Augustus en wenners moet bereid wees om hulle kaartjies by die Sun se kantoor in Doonside op te tel voor die sluit van besigheid om 4:30nm Vrydag middag, 12 Augustus

Die South Coast Sun gee leesers die kans om een van vyf kaartjies na Saterdag se verrigtinge by die kuwag Karnaval te wen.
Om in te skryf, vul in jou besonderhede en antwoord die makilike vraag:

Inskrywings sluit middernag op Donderdag, 11 Augustus en wenners moet bereid wees om hulle kaartjies by die Sun se kantoor in Doonside op te tel voor die sluit van besigheid om 4:30nm Vrydag middag, 12 Augustus.

 

Terme en voorwaardes geld

 

kuswag karnaval

 

Die 10de Kuswag Karnaval vind die jaar plaas by Kuswag Skool in Amanzimtoti op Vrydag, 12 Augustus en Saterdag, 13 Augustus.

Hierdie reuse fees wat deur Kuswag Skool aangebied word, bied vermaak aan duisende besoekers met ‘n groot verskeidenheid van musiek, pret aktiwiteite en goeie kos.

“Ons is baie opgewonde oor die Karnaval wat weereens beloof om groter en beter te wees. Ons sien uit na ‘n opwindende program propvol vermaak vir een en almal met plaaslike talent op die verhoog en eersteklas kosstalletjies soos Spur en Panarotti’s aanboord.

Die ou gunstelinge sal natuurlik ook daar wees soos die getroue Chetty’s  Mallemeule en natuurlik pannekoek en vetkoek,” sê Melanie de Witt, voorsitter van die Karnaval komitee.

Sy verduidelik dat die fondse wat gegenereer word by die Karnaval aangewend word om opgraderings by die skool te doen. In die verlede is o.a. die swembad herstel, plaveisel gelê, afdakke opgerig en bankies vir die leerders aangekoop. Die groot gebeurtenis wat die gemeenskap in Amanzimtoti elke jaar met groot afwagting antisipeer,  word ondersteun deur die Sapphire Coast Tourism.

“Die Kuswag Karnaval lok besoekers van alle ouderdomme, agtergronde en areas na ons mooi dorp wat ‘n platvorm bied vir ons om ons warm gemeenskap, goeie dienste en verskeidenheid strand aktiwiteite ten toon te stel.”

Die program is gepak met vermaak en aktiwiteite vir alle ouderdomme. Die staatmakers sal daar wees: Barney en die prinsesse, teetuin, kuiertent, Chetty se mallemeule, vlooimark en kunsmark, kar uitstallers, Mnr. en Mej Karnaval en hope vermaak in die arena. Nuut op die program is onder andere Lasertag, brandweer demonstrasie, volley ball kompetisie, boeresport, reptiel tentoonstelling, kleuterhoekie, Minions en ‘n  gimnastiekvertoning.

In die kuiertent sorg die GeeJAys en Wolwedans vir die agtergrond- en dansmusiek. Vrydagaand is daar ‘n Hoërskool Skuimpartytjie met Veranda Panda.

Saterdag op die verhoog verwelkom ons van die American Talent kompetisie wenners, Keely Crocker, Carma, Hashmafiatz van Kingsway High, Remedy Project, Tremour Sweet en Wolwedans en natuurlik ons groot kunstenaar en hoogtepunt, Gerhard Steyn.

Naweekpakkette is by die Kuswag skoolkantoor beskikbaar teen R100 vir altwee dae vir volwassenes en R50 per kind.

Hoërskool leerders wat na die Veranda Panda partytjie gaan, koop ‘n naweekpakket vir R120 vir beide dae. By die hek sal kaartjies R60 vir volwassenes en R30 vir kinders wees.

Kinders onder twee jaar gaan gratis in. Parkering is ook gratis.
Vir meer inligting besoek die Facebook blad Kuswag Karnaval of skakel Mariette by 084-411-7806.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button