
Mareike is ’n stadsmeisie en suksesvol in haar veel eisende beroep. Haar liefdeslewe laat egter veel te wense oor.
Na ’n onderonsie met haar baas, verruil sy die stad vir die platteland om ’n bakkery oor te neem wat sy geërf het. Haar nuwe lewe hou meer in as wat sy kon indink. Buiten dat sy haar snyerspakkies vir ’n voorskoot moet verruil, begin die poppe dans wanneer sy tussen Meneer Aantreklik en Meneer Reg moet kies.
Die frustrasie oor haar onvermoë voor die bakoond in die bakkery word vererger wanneer sy gereeld in Neil, ’n boer van Wakkerstroom, bly vasloop.
Ná ’n heel paar rampspoedige afsprake met mans in die omgewing ontmoet sy vir Stander wat glo Mareike is die vrou vir hom. Maar is Stander die man vir haar of gaan sy en Neil hulle aanvanklike irritasie met mekaar vir iets meer kan verruil?
Cast:
Lika Berning,
Nico Panagio,
Bok Van Blerk,
Marga Van Rooy,
Almarida Reynecke,
Rowan Cloete
Director:
Maynard Kraak



