NewsSchools

Namies se o16-span is as kampioene aangewys

Namies se rugbyspanne hou skool se naam hoog.

Drie rugbyspanne van Hoërskool Dinamika het onlangs aan die Goue Leeus Rugby finaal deelgeneem.

Namies se o14, o15 en o16-spanne het taai wedstryde teen Hoërskool Randburg gespeel. Die o14-span het ‘n strawwe wedstryd teen hul teenstanders gehad, maar het ongelukkig tydens die tweede helfte punte afgestaan wat gelei het na ‘n eindtelling van 14-26 vir Randburg.

Die o15-rugbyspan van Hoërskool Dinamika.

Dinamika en Randburg se o15-spanne het heen en weer punte aangeteken. Harde rugby was gespeel, maar die eindtelling het 12-13 vir Randburg vertoon.

Die Namies se hoop het gelê by die o16-span. Die wedstryd was ‘n harde stryd met beide spanne wat alles gee om hul Goue Leeu-drome te laat waar word. Met sekondes oor, was die telling op 21-20 en Randburg hoef slegs die bal uit te skop om koning te kraai.

Namies se o16-rugbyspan het as kampioene weggestap.

Die Namies het egter gewys dat hulle tot die einde sal baklei, die bal onderskep en sweef oor die doellyn om 27-21 te wen.

Die o16-Namies-span word as Goue Leeus kampioene gekroon.

“Ons is baie trots op die spanne wat ons skool se naam hoog gehou het tydens dié seisoen. Baie geluk met julle prestasies,” het Johan Schutte, hoof van Hoërskool Dinamika gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southern Courier in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button