
ANDRE Jansen van die Suide het aan die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe deelgeneem en ‘n brons medalje ingeoes.
Die kampioenskappe het op Saterdag, 14 September in Potchefstroom plaasgevind waar al die provinsies se beste atlete deelgeneem het.
Janse neem aan die Meesters 55-59 ouderdomsgroep 8km deel en behaal ‘n tyd van 33:03 om die brons medalje in te oes.
Sentraal Gauteng Atletiek Provinsiale kampioenskappe het op 17 Augustus in Boksburg plaasgevind en met ‘n tyd van 37:05 in die Meesters 55-59 ouderdomsgroep het hy ‘n goue medalje verower.
Jansen het ook aan die Gauteng marathon op 8 Augustus, wat in Florida gehou is, deelgeneem. Hy behaal ‘n tyd van 1:28;00 in die Meesters 50-59 ouderdomsgroep en verower sodoende die brons medalje in die 21km.