KYK: Steve Hofmeyr hou konsert by New Redruth Dros
Die koue weer keer nie Steve Hofmeyr se aanhangers nie.
Steve Hofmeyr het vir drie aande na mekaar die gehoor van Alberton vermaak soos net hy kan.
Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer het by die Dros opgetree en Alberton aan die brand gesing.
Steve het treffers soos Amanda, Feeslied, Liefling, Agter elke Man, Redgebed, Laaste Lag, Ek Kort, Die Bloubul en Pampoen en vele ander treffers gesing terwyl die gehoor saam gesing het.
Sanger en liedjieskrywer Dusty Dixon het ook ’n liedjie of twee saam met Steve gesing.















At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



