Local newsNewsSchools

Skool neem afskeid van geliefde juffrou

Port Natal neem met deernis afskeid van Susan en gaan haar reuse aandeel in die skool baie mis.

PORT Natal Skool het op Vrydag, 29 Januarie, vir oulaas vir juffrou Susan Biggins van die Bluff gegroet.

Sy was as groentjie onderwyser aangestel by Port Natal Skool in 1975 en het vir die afgelope 40 jaar die gemeenskap en skool gedien.

Susan het haar opleiding by die Durbanse Onderwyskollege voltooi en haar later verder deur UNISA bekwaam.

Susan was baie geliefd onder haar kollegas, die ouers en die kinders. Sy het saans ouers geskakel as sy bekommerd was oor haar leerders se vordering en elke leerder met liefde deur die jaar gelei. Susan was vir baie jare betrokke gewees by die graad 4 klasse. Haar passie was Wiskunde en sy het leerders gerus gestel en met deernis onderrig. Sy het naalwerkklasse onderrig, funksies gereël en haar beste in elke opsig aan Port Natal Skool gegee.

Susan is ‘n kranige tennisspeler en sy speel nou nog tennis. Sy het die sport op ‘n passievolle wyse by die skool aangebied en leerders gemotiveer om hul beste te wees.

Port Natal neem met deernis afskeid van Susan en gaan haar reuse aandeel in die skool baie mis. Haar deeglikheid en toewysing was vir baie ‘n aansporting gewees om alle take pligsgetrou en deeglik te voltooi.

Susan tree nou af en Port Natal wens vir haar en Tony, saam met hul kinders en kleinkinders en hul hondjie, Onix, alles wat mooi is toe vir die toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southlands Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button