SR016106
KENNISGEWING VAN OMGEWINGSIMPAKASSESSERING, LUG-EMISSIE LISENSIE EN WATERGEBRUIKLISENSIE AANSOEK
UGESI TERMIESE KRAGSTASIE OP DIE RE VAN ERF11445 RICHARDSBAAI (RB), EN GEASSOSIEERDE INFRASTRUKTUUR (KRAGLYN EN GASPYPLEIDING) OP VERSKEIE EIENDOMME IN RB REGISTRASIEDIVISIE GV, UMHLATHUZE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT, KING CETSHWAYO DISTRIKSMUNISIPALITEIT, KWAZULU- NATAL PROVINSIE Grus Energy (Edms) Bpk stel voor om die Ugesi Termiese Kragaanleg te ontwikkel, te bou en te bedryf, met `n maksimum kapasiteit van 1 500 MW, op die RE van Erf 11445, Richardsbaai GV (ongeveer 197 ha), met inbegrip van `n ongeveer 11,8`15,9 km ondergrondse gaspyplyn wat die beplande LNG-invoer- en hervergassingsfasiliteit by die Hawe van Richardsbaai verbind met die voorgestelde kragaanleg, tesame met gepaardgaande 400 kV-elektriese infrastruktuur wat die kragaanleg aan die Eskom-elektrisiteitsnetwerk koppel.
Die pypleidings sal die volgende eiendomme kruis:
Alternatief 1:
Die Re van ERF 11455, Gedeelte 1 van ERF 15665, Gedeelte 13, 14 en Re van ERF 11451, Re van ERF 11525, Gedeelte 5 en Re van ERF 11456, Re van ERF 11469, Re van ERF 16177, Re van Plaas RESERVE 6 15825 GV, Gedeelte 12 van Plaas RESERVE 6 15825 GV, Gedeelte 5 van ERF 11376, Restant van ERF 15406, Re van ERF 16875, Gedeelte 8, 45, 145, 148, 149, 150, 151 en Re van ERF 5333, RB GV.
Alternatief 2:
Die Re van ERF 11455, Gedeelte 1 van ERF 15665, Gedeelte 1 en Re van ERF 11451, Gedeelte 1 en Re van ERF 11528, Gedeelte 10, 11, 13, 15, 20, 21, 22, 36, 54, 55 en 57 van ERF 11451, Gedeelte 1, 2, 3 en 5 van ERF 11449, Gedeelte 1 en Re van ERF 16177, Gedeelte 2 en Re van ERF 11452, Gedeelte 13, 14 en Re van ERF 11454, Gedeelte 7, 45 en Re van ERF 5333, RB GV, en Gedeelte 1 van LOT 223 UMHLATUZI 16230 GV.
Die voorgestelde kraglyne sal die volgende eiendomme kruis:
Alternatief 1
• Loop-in/Loop-out verbinding na die Athene` Invubu 400 kV lyn: Re van Erf 11445, RB GV.
Alternatief 2
• Verbinding na Eskom Athene Substasie: Restant van Erf 11445, Re van Erf 15665 en Gedeelte 1 van Erf 11451, RB GV.
Exigent Engineering Consultants (Exigent) is deur Grus Energy (Edms) Bpk aangestel as die Omgewingsassesseringspraktisyn om die Skopings- en OIB-proses en die gepaardgaande Publieke Deelnameproses te onderneem..
Kennis word hiermee gegee dat `n aansoek om Omgewingsmagtiging ingedien sal word by die Nasionale Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing (DFFE) ingevolge die OIA- Regulasies, 4/12/2014 (GG38282), onder artikels 24(5) en 44 van die Nasionale Omgewingsbestuurswet, 1998 (Wet No. 107 van 1998), soos gewysig (GNR326, 2017), om die OIA-proses uit te voer vir die gelysde aktiwiteite 11(i), 12(ii)(c), 13, 14, 16, 19, 24(ii), 27 en 28(ii) van Kennisgewing 1 (GNR 327); Aktiwiteite 2, 6, 7(i), 9 en 15 van Kennisgewing 2 van 2014 (GNR 325), soos gewysig; en Aktiwiteite 2(d)(xii)(aa), 4(d)(viii)(xi)(xii)(aa), 10(d)(xii)(aa), 12(d)(iv)(v)(xii), 14(ii)(c)(d)(vii)(viii)(x)(aa) van Kennisgewing 3 van 2014 (GNR 324), soos gewysig.
Aansoeke/prosesse word ook onderneem ingevolge die:
Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehaltewet, 2004 (Wet No. 39 van 2004) vir `n Atmosferiese Emissielisensie; Nasionale Waterwet, 1998 (Wet No. 36 van 1998) vir `n Watergebruiklisensie; en Nasionale Erfenishulpbronnewet, 1999 (Wet No. 25 van 1999).
Uitnodiging om deel te neem
Belanghebbende en/of Geaffekteerde Partye (I&APs) word uitgenooi om te registreer en verdere projekinligting te verkry deur hul naam, kontakbesonderhede en belang by die projek aan Exigent te verskaf voor of op 12 November 2026.
Projekinligting sal beskikbaar gestel word op die Exigent webwerf: www.exigent.co.za en sal opgedateer word soos die proses voortgaan. EAP Kontakbesonderhede:
Jacolette Adam
Tel: (082)8526417
E-pos: ugesi@exigent.co.za
Webwerf: https://www.exigent.co.za/environmental/public-review- documents
Datum van kennisgewing: 12 Oktober 2026
12-10-2026
Reference Number: SR016106