Local newsNews

Pammies se fees

Laerskool PAM Brink se PAMqki fees is vinnig besig om een van die grootste feeste in Springs te word.

Die derde fees van sy soort vind op 23 en 24 Augustus by die skool se sportgronde plaas.

“As jy ‘n bok vir sports is, is die Kameel-resies net vir jou,” sê Lisa Vorster, Pammies onderwyseres.

Besighede kan hul eie jokkie bring en die kameel gebruik om hul besigheid te adverteer.

Allerande interessante vlooimark stalletjies is beskikbaar vir elke geit en gier.

Vir honde liefhebbers sal daar ‘n hondekompetisie wees.

Mammas en hul mooi babas hoef nie terug te staan nie, want daar gaan ook ‘n babakompetisie plaasvind en een van die kategorieë is vir die baba met die meeste hare.

Natuurlik sal die kinders ook die dag kan geniet met ritte op die mallemeule en, vir die wat baie dapper is, ‘n spookhuis.

Lisa voeg by dat die kinders ook heerlike speletjies sal kan speel en groot en klein sal kos na almal se smaak kan geniet.

Van die kunstenaars wat gaan optree is Vaaitjie van Mollie en Wors-faam en Willem Botha. Die groot trek pleister vir die dag is Dewald Wasserfall.

Indien enige iemand belangstel in ‘n vlooimarkstalletjie, kontak Debbie Visagie by 082 218 2925 of 011 811 1881

Dit mag ongelukkig nie kosstalletjies wees nie want die skool behartig dit self.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button