ATKV slypskool
Die ATKV bied van 13 tot 15 Maart ’n slypskool vir nuwe, jong en opkomende dramaturge aan.

Dit sal by die Shumba Valley Lodge naby Lanseria-lughawe plaasvind.
Lizané Basson, die projekorganiseerder sê vir drie dae lank sal daar aan dramatekse geskryf en geskaaf word.
Onderwerpe wat bespreek sal word sluit in tema, verhaallyn, karakterisering en toneelmatigheid.
Tydens praktiese werksessies sal kursusgangers nuwe tekste skep.
Koste beloop R950 per persoon, dit sluit die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings in.
“Die kursusleier is dokter Pierre-André Viviers, wat ‘n toekenning vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks in 2012 ontvang het, maar daar gaan ook verskeie bekende gassprekers teenwoordig wees om lesings aan te bied,” vertel Lizané.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Februarie.
’n Deposito van R500 is betaalbaar wanneer ingeskryf word.
Registreer so gou moontlik, aangesien slegs 30 kursusgangers geakkommodeer kan word.
Skakel vir Lizané Basson by 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za vir meer inligting en om jou plek te bespreek.



