NewsSchools

Jannies bo

Tydens die jaarlikse interlaer atletiekbyeenkoms wat onlangs by Hoër Tegniese Skool Springs aangebied was, het Laerskool Jan van Riebeeck weereens koning gekraai.

Die skole wat teen mekaar deelgneem het was Laerskool PAM Brink, Laerskool Christiaan Beyer, Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Selection Park en Jannies het gewen met ‘n algehele puntetal van 417.

Daar was 46 uitsonderlike atlete van Jannies wat verlede Maandag aan die Greater Springs byeenkoms deelgeneem het.

Tydens die byeenkoms dring daar 34 van Jannies se atlete deur na die D5-byeenkoms wat op Vrydag, 21 Februarie 2014, by Gekombineerde Skool Noorderlig in Petit plaasvind.

Jannies se hoof Herman Flemming is fenominaal trots op die skools se atlete, die kinders op die pawiljoen, ouers en afrigters.

“Ons het werklik top-prestasies behaal, wat enige hoof se hart warm sal maak,” spog Herman.

Jannies se Niké Matthysen, het ‘n uitmuntende prestasie behaal toe sy die o/10 hoogspring rekord van 2007 verbeter van 1.23m na 1.27m, asook die verspring rekord van 1999 vanaf 3.97m na 4.02m.

Niké het ook deelgeneem aan die 100m hekkies, 80m naellope en 1 200m waarin sy ook in elke wedloop die eerste plek behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button