
Dit was gehou op 12 en 13 Februarie op die sportvelde van Hoër Tegniese Skool Springs en dit was ‘n baie groot sukses.
Baie geluk.
Dankie ook aan Laerskool Christiaan Beyers, Laerskool Selectionpark en Laerskool PAM Brink wat wonderlike teenstanders was en die pragtige sportmangees wat geheers het.
Dit was ook heerlik om die leerlinge op die pawiljoene te hoor sing en die dirigente wat hulle aanspoor.
Dit was ‘n interlaer soos van ouds.
Dan wil ek, en ek glo baie ander Jannies ouers, aan al die leerlinge en personeel van Jannies baie, baie geluk sê met hul fantastiese prestasie om vir 32 jaar onoorwonne uit die stryd te tree.
Die atlete het puik presteer en voorwaar hul staal gewys.
Die insette gelewer deur die onderwysers en afrigters het boekdele gespreek.
Dankie aan elke personeellid wat afrig, aanspoor, aanmoedig en motiveer sodat ons kinders hul volle potensiaal kan bereik.
Ons besef dit verg baie opofferinge en harde werk.
Dankie vir die wonderlike geleenthede en blootstelling wat die skool vir sy leerlinge skep om hul Godgegewe talente te ontdek en te ontgin.
Ons, as ouers, stel dit hoog op prys.
Die skool is voorwaar ‘n plek om op trots te wees.
Charlotte Burger.



