Marcelle Malan, die skool se arbeidsterapeut sê hulle het ‘n koek en tee gehou buite in die tuin.
Saam met hierdie uitreik, het hulle ook blikkies kos en nie-bederfbare kos ingesamel vir minderbevoorregde leerders in hul skool.
Die motorfietsryers van Wheels in the Sky het vir die kinders lekkers gebring om dankie te sê vir hulle bydraes met die kos en sommer net om hulle te vermaak met die gebrul van motorfietse.
“My pa is ‘n lid van dié klub en so ons wou net op ‘n oulike manier ook uitreik na die kinders en hulle bederf met ‘n ander manier van dankie sê,” sê Malan. “Dit was eintlik dus ‘n gesamentlike uitreik van die skool en Wheels in the Sky.”



