Local newsNews

Marsha is ‘n besige by

Marsha Horn is aan die stuur van Projek Uitkoms en is betrokke by die projek vir die afgelope 11 jaar.

Haar passie is om te lewe soos die Here van ‘n Christen verwag om te lewe, ten spyt van die wêreld wat jou anders wil bewys.

“Laat jou lig skyn,” se sy.

Haar wil om mense te help kom al ‘n lang pad en sy vertel van ‘n keer toe sy van mense hoor wie se kinders ongeveer 10km skool toe moes stap.

“Ons het net vir ons twee seuns nuwe fietse gekoop vir hul verjaardag, en ek besluit om die fietse vir die twee kinders te gee,” se Marsha.

Haar kinders was glad nie beïndruk met hul ma nie, maar Marsha het geweet sy was in ‘n posisie om Kersfees vir haar twee seuns fietse te koop.

Alhoewel sy graag minderbevoorregte mense help, het sy gevind om ‘n verskil in die gemeenskap te maak is nie altyd maklik op jou eie nie.

Maar niks kry haar onder nie en sy lewer ‘n gewillige diens saam met haar twee helpers Ansie Holtshauzen en Annetjie Pretorius.

“Maandae gee ons vir omtrent 150 kinders kookkos en Vrydae kry hulle hotdogs,” sê Marsha.

Verder kry die 70 gesinne kospakkies aan die begin van Desember en dan sorg hulle ook vir agt straatkinders.

Sy is baie dankbaar teenoor die Springs Park Rotary Club vir hulle bydrae sowel as Mike’s Kitchen wat elke Maandag 5kg maelvleis aan Projek Uitkoms verskaf.

Hierdie vrou van Krugersdorp omgewing woon al 28 jaar in Springs.

Sy heg baie waarde aan haar familie en hulle hou daarvan om te gaan kamp.

“Die buitelewe is vir my heerlik en ek geniet my vier kleinkinders vreeslik baie,” sê Marsha.

Marsha sê haar rolmodel is definitief haar man Paul Horn.

Volgens haar praat hy haar altyd moed in en motiveer haar ongelooflik baie.

‘n Vriendin Christa van der Westhuizen het Marsha ‘n paar jaar gelede omgepraat om by die Vroue Landbou Unie se Carpe Diem-tak aan te sluit en sy is nog nooit spyt dat sy aangesluit het nie.

“Ek geniet elke oomblik terdee,” sê sy.

Vir sewe jaar was Marsha ook ‘n byspeler op die stel van 7de Laan.

“Dit was vreeslik interessant en ek het dit baie geniet om elke keer Lonehill toe te ry waar die sepie geskiet word,” sê sy.

Wat sy die meeste hou van Projek Uitkoms is om die stralende dankbaarheid op die kinders se gesigte te sien.

En, volgens haar, geniet sy elke oomblik van daardie kinderlike dankie wat sy hoor.

In haar vrye tyd geniet sy dit vreeslik om tyd met haar familie deur te bring.

Maar sy is ook baie lief vir lees, naaldwerk en om te swem.

Sy hou glad nie daarvan om alleen te wees nie en daarom is sy ook baie aktief betrokke met die kerk se

fondsinasemlingsprojekte.

Dit is vir Marsha uiters belangrik om haar lig te laat skyn, nie net in die gemeenskap nie, maar ook vir haar familie.

Sy sê almal wil ‘n huisie by die see hê, maar ek soek net ‘n kuierplek by die see.

“Ek wil kan huistoe kom na my man, kinders, kleinkinders en die mense en kinders wat die afgelope 11 jaar deel van my was.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button