Local newsNews

Predikante besoek die Via Dolorosa

Die lydensweek uitstalling is besoek deur 10 plaaslike predikante.

Dinsdag het 10 Nederduits Gereformeerde (NG) Kerk predikante bymekaar gekom om die Via Dolorosa te loop.

Die NG Springs-Noord gemeente se droom om die uitbeelding op ‘n visuele, tasbare manier aan die gemeenskap uit te dra het in 2012 gerealiseer.

“Dit het logistieke uitdagings meegebring,” sê predikant Liesl Nicols,, “maar ons kon uiteindelik 16 stasies uitbeeld in die Maria van Niekerk kerksaal.”

Tydens die opening het daar 10 predikante van Springs bymekaar gekom om die pelgrimstog vanaf Jerusalem tot by Emmaus en terug na Jerusalem te loop.

Vir die laaste drie jaar is die pelgrimstog te sien by die kerksaal en die plan is om voort te gaan met die bediening.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button