ATKV bied skryfskool aan
Aspirant skrywers kan leer hoe om 'n kind se verbeelding aan te gryp
Die ATKV bied vanaf 16 tot 18 Julie ‘n kinderboekskryfskool in Muldersdrift aan.
Dit word aangebied by Glenburn Lodge, Kromdraaistraat, Swartkops, Muldersdrift.
Gedurende hierdie skryfskool word aspirantskrywers geleer hoe om ‘n kind of tiener se verbeelding aan te gryp.
Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.
Die kursusleier is Professor Franci Greyling van die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus.
Sprekers sluit in Fanie Viljoen, Professor Hans du Plessis, Christien Neser, Joan Rankin, Marike Beyleveld en Miemie du Plessis.
Die totale koste van die skryfskool beloop R950 per persoon.
Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za en die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Junie.
Belangstellendes moet ‘n deposito van R500 betaal op inskrywing en die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die skryfskool betaal word.
Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers.
Vir meer inligting skakel Jeanné Naudé by 011 919 9088 of epos jeannen@atkv.org.za.



