Local newsNews

Kinders word bederf

'n Onvergeetlike dag vir die kinders

Mense van AGS-Lofoord het hul Saterdag gebruik om die kinders van Poppiehuis te bederf vir die dag.

Pastoorsvrou Lindie Fourie het allerhande speletjies gespeel om die kinders besig te hou, terwyl die ander vrouens die eetgoed gereed gekry het.

Charlene Potterill en Corine Taljaard het gesorg dat die kleiner kinders se gesigte geverf word tot groot vermaak van sommige van hulle.

Met ‘n heerlik burger vir midagete was almal se magies trommeldik geeët.

Maar ‘n kind bly ‘n kind en almal het te lekker geeët aan die “cupcakes” en verjaarsdagkoek van een van hul maatjies wat 11 geword het op dieselfde dag.

“Dit is vir ons ‘n groot voorreg om te gee waar die behoefte hom voordoen,” sê Lindie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button