NewsSchools

Jannies reik uit na Payneville Primary School

Laerskool Jan van Riebeeck het onlangs hul jaarlikse Twin-schooling uitreik by Payneville Primary School gehou.

Leandi de Wet, projekbestuurder, sê Jannies is tans die proefkonyn-skool vir hierdie projek wat die Departement van Onderwys binnekort by alle skole wil implimenteer.

Sy sê hulle het besluit om dié skool onder hulle vlerk te neem en hulle te help om te ontwikkel en te groei op sport, akademie, kultuur en soisale interaksies.

Hulle is tans besig om dié skool se sportveld te skraap om sodoende ook geleenthede vir hulle leerders te bied op sportgebied.

Daar sal dan in die toekoms uitgesien kan word na sport, akademie, kultuur en sosiale interaksies tussen die twee skole.

Leandi se mede projekbestuurder sê dit is die eerste samewerkende verhouding in Gauteng tussen die twee skole.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button