NewsSchools

Hugies se hokkiespanne vaar goed

Hoërskool Hugenote se eerste meisieshokkiespan het uitgeblink hierdie jaar.

Hulle is naaswenners van die NWU Puk se Prestige-reeks.

Die span het derde geëindig in die plaaslikeliga teen vyf ander skole.

Gedurende die Noordvaal-kompetisie wat onlangs in Pretoria gehou is het hulle verloor teen Hoërskool Monument, gewen teen Hoërskool Pietersburg en gelykop gespeel teen Hoërskool Eldoraigne.

Die ander hokkiespanne het ook goed gevaar tydens die Puk Prestige-reeks.

Die o/16 span is die algehele wenners, die tweede span het derde geëindig en die o/14A is naaswenners.

Die o/16A span het as wenners uit die stryd gestap.

Pieter en Danielle van der Walt is trots op die eerste span se prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button