Local sportSport

Skeie spat in Springs

Tien jukskeispanne van die Oos-Gautengstreek het in verskeie vriendskaplike toernooie op die Springs Jukseiklub se bane teen mekaar gespeel.

Tien jukskeispanne van die Oos-Gautengstreek het Saterdag in verskeie vriendskaplike toernooie teen mekaar gespeel.

Hulle het op die Springs Jukseiklub se bane, agter die Pam Brink Stadion meegeding.

Een wedstryd duur gewoonlik 85 minute, waar ‘n span, bestaande uit vier mense so na aan moontlik aan 23 punte moet kry.

Elke speler het twee skeie wat na ‘n pen gegooi word.

Die punte hang af van hoe naby die skei aan die pen land.

Springs het twee spanne vir die dag ingeskryf, die seniors, genoem Springsspan en die junior span.

Die 10 spanne het in drie afdelings meegeding.

Die wenners in die afdelings was:

A-afdeling: 1. Gauteng Pirates, 2. Boksburg, 3. Avion Park, Kempton Park, 4. Impala Park 1.

B-afdeling: 1. Laslappies, 2. Springs, 3. Interwaste.

C-afdeling 1. Impalapark 2, Imperius, 3. Springs Juniors.

 

Harriet van Loggerenberg in aksie by Saterdag se jukskei toernooi by Springs Jukskeiklub se bane agter Pam Brink Stadion.
Harriet van Loggerenberg in aksie by Saterdag se jukskei toernooi by Springs Jukskeiklub se bane agter Pam Brink Stadion.

 

Lorraine Ras met 'n skei tydens Saterdag se jukskei toernooi by Springs Jukskeiklub se bane agter Pam Brink Stadion.
Lorraine Ras met ‘n skei tydens Saterdag se jukskei toernooi by Springs Jukskeiklub se bane agter Pam Brink Stadion.
Riaan Boshoff by Saterdag se jukskei toernooi by Springs Jukskeiklub se bane agter Pam Brink Stadion.
Riaan Boshoff by Saterdag se jukskei toernooi by Springs Jukskeiklub se bane agter Pam Brink Stadion.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button