Raad reageer op kinders by swembad
Die bywette bepaal dat skool kinders mag nie voor 2nm daar swem nie.
Skoolkinders mag nie in die oggende by die Olympiapark Swembad toegang kry nie.
Hierdie reël het ‘n matriekleerling, Bianca Prinsloo en haar kêrel, Johan Meintjies vies nadat hulle aan die begin van hul matriek eindeksamen op 7 November in die oggend by Olympiapark wou gaan swem het.
Hulle kon eers die swembad binnegaan toe hulle aan die swembad personeel gesê het hulle is al uit die skool.
Lees meer oor die insident hier.
Themba Gadebe, segsman van die Ekurhuleni Metro sê kinders is welkom by die swembad maar mag volgens die munisipale bywette nie voor 2nm toegang tot die swembad kry nie.
Hy het gesê die munisipaliteit kan nie kinders ondersteun wat skool bank deur hulle tydens skooltyd by die swembad toe te laat nie.
Gadebe sê matrieks soos Bianca en Johan sal beslis tydens bloktyd by die swembad toegelaat word.
Hy hoop die gemeenskap verstaan en waardeer hierdie bywet, want dit is daar om kinders van alle ouderdomme te beskerm.
Oor Bianca, toe sy uiteindelik toegang tot die swembad gekry het, berispe is omdat sy ‘n T-hemp bo-oor haar swembroek aangehad het, het Gadebe gesê dat swemmers slegs in die water toegelaat word as hulle swemklere aanhet.
Hy sê geen ander klere sal bo-oor swembklere toegelaat word as die swembad personeel aan diens nie toestemming daarvoor gegee het nie.
Die swembad is van Dinsdag tot Saterdag vanaf 10vm to 6nm oop en op Sondag vanaf 2vm tot 6nm.



