LettersOpinion

Grassnyers doen ‘n fantastiese werk

Die gras word rondom elke boom gesny en orals netjies skoongemaak.

Het nie ‘n storie nie maar voel net om ‘n pluimpie en ‘n groot dankie te gee vir die kontrakteurs wat huidiglik in Dersley Park werkagtig is.

Ek is is nou al 26 jaar ‘n inwoner van Dersley Park en wil net sê dat die mense wat nou verantwoordelik is vir die oop stukke grond en die gras daar moet sny, ‘n absolute fantastiese werk doen.

Die gras word rondom elke boom gesny en wat meer is, die gras en al die papiere, bottels ens, word ook gehark en in swart sake gesit en weggeneem.

Dit is regtig prysingswaardig.

Weet ongelukkig nie wie die kontrakteurs is nie, maar in die verlede was daar nooit ooit moeite gedoen om rondom die bome te sny, gras te hark asook vuilgoed in swartsakke te sit nie.

Baie dankie.

Melinda Botha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button