Local newsNews
Kerk bederf bejaardes
Ongeveer 50 bejaardes Sondagmiddag met 'n Sondagete by die Sewendedag Adventiste Kerk van Springs geniet.
Die Sewendedag Adventiste Kerk van Springs het sowat 50 bejaardes Sondagmiddag met ‘n Sondagete bederf.
Daleen Strydom, organiseerder van die gemeente se maaltye-op-wiele projek vertel hierdie bejaardes is van die mense wie twee maal ‘n week ‘n gekookte ete van hulle kry.
Die gemeente gebruik hierdie maaltye-op-wiele projek om elke Dinsdag en Donderdag een ete aan tussen 140 en 150 bejaardes van Springs en Brakpan te verskaf.
Hierdie bejaardes woon in pritvaat of munisipale huisies in Springs en Brakpan.
Hier is van die mense by die geleentheid.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!















