Pastoor Sequeira wil help waar hy kan
"Gebeurtenisse in die lewe bring ons soms op 'n plek waar ons aleen is.
‘n Pastoor van die dorp, Manie Sequeira, wil uitreik na inwoners wat ‘n behoefte aan ondersteuning het.
Sequeira dien al vir die afgelope 21 jaar as ‘n pastoor in Springs en het baie ervaring, wat hy graag met inwoners wil deel.
“Gebeurtenisse in die lewe bring ons soms op ‘n plek waar ons alleen is en ons las met ander moet deel.
“Mense wonder dikwels: “Met wie kan ek my seer deel? Met wie kan ek praat? Wie kan saam met my bid?’”
“Ons seer is soms van so aard dat ons heeltemal alleen voel ten spyte van die feit dat ons getroud kan wees, mense om ons het by die werk of vriende en vriendinne het.
Also read: NG Kerk Springs-Noord on a mission to #takeSpringsback.
“Ek wil graag mense help wie genoeg gehad het en wil opstaan maar nie heeltemal weet waar om te begin nie,” verduidelik past Sequeira
“Ek het, as gevolg van persoonlike gebeurtenisse in my lewe, baie ondervinding en ek wil ek my kennis, ervaring en God se liefde met enigiemand wat dit nodig het deel.”
Pastoor Sequeira kan by 082 696 2606 gekontak word.



