Toegewyde wetstoepasser sal onthou word
Het net na sy weermag opleiding in 1982 by die Springs Verkeersafdeling begin werk.
Lt-Kol Japie van der Linde (59), ’n gesoute polisieman van die EMPD, is op 22 Junie deur onwettige myners in die Primrose omgewing doodgeskiet.
Van der Linde is op 22 September 1961 in Springs gebore.
Hy het na afloop van sy weermagopleiding in 1982 by Springs Verkeersafdeling begin werk as ’n verkeersbeampte.
Also read: SAPS spreads awareness and warmth
Van der Linde is nadat hy die nodige kwalifikasies verwerf het, bevorder na assstent superintendent, daarna na die rang van superintendent en uiteindelik het hy die rang van senior superintendent beklee.
Hy het in 2006 beheer oorgeneem van die van die EMPD se opsporing-en-eerstereaksie-eenheid. Die eenheid het veral groot sukses behaal met dwelmbendes wat aangekeer was, asook verskeie in hegtenis nemings van trio misdadigers.
Die opsporingseenheid het ook begin om onwettige myners, ook bekend as zama zamas, te ondersoek en het groot sukses behaal. Volgens ’n famililied was Van der Linde soos ’n pa vir sy lede.
Also read: Local SAPS hosts GBV campaign
“Hy was ’n gebore leier. Sy kollegas het hom gevolg sonder om twee keer te dink. Hy het sy werk met passie en toewyding gedoen,” het die familielid gesê.
“Hy het altyd die manne laat lag en was ’n geestelike man met ’n goeie verhouding met God. Hy het in sy spaartyd baie van sy aandag aan sy familie gegee en veral tyd saam met sy kleinkinders spandeer.
“Hy was lief vir tuin maak, scuba-duik en spieshengel.”
Hy word oorleef deur sy vrou, Annelise, sy seun, Frans, en sy twee dogters, Kathy en Simone.
Follow us on our social media platforms:






