Local newsNews

Wen kaartjies vir Golden Oldies Kelderkonsert

“Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink.”

Alwyn Oberholster bring heelwat nostalgie hierdie Sondag (18 Julie) om 17:00 in sy aanlyn Lefra Kelderkonsert, Golden Oldies.
Alwyn Oberholster is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer.
Maar wat maak ’n treffer tydloos? Wat maak van ’n liedjie ’n ‘goue oue’?

Also read: Musiek en soetigheid by Presidentia

“Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink,” het Alwyn gesê.
“As jy die liedjie hoor, neem dit jou skielik terug na die verlede en al die herinneringe wat daarmee gepaard gaan.
“Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou eerste afspraak of sommer net goue herinneringe.
“Dit anker jou. Met die nuwe tegnologie kan die kinders van vandag ouer, tydlose treffers op hul fone of mp3-spelers ontdek en aflaai, en verseker dat die goue oues altyd tydloos bly.”

KOMPETISIE
Vyf van ons lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Alwyn Oberholster se Golden Oldies.
Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 43366 te SMS:
“Wen Alwyn Addie” en dan jou eie naam en van.

Also read: Afrikaanse Musiekfees 13

Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word na wen@lefra.com
Standaard SMS tariewe geld.
Die wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die organiseerders is finaal.
Besprekings kan teen slegs R180 vir die hele huisgesin kan gedoen word by www.itickets.co.za of 011 815 3000.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button