Laaste kans: Wen dubbelkaartjies om Hannon in Springs te sien
Vier lesers van die Springs Advertiser kan elk ’n dubbelkaartjie na die geleentheid wen
Die bekende Glam Guru, Hannon Bothma kuier Saterdag, 24 Oktober by die Stable Inn-konferensiesentrum in Springs.
Die geleentheid beloof ’n heerlike kuierervaring, met ’n ligte ete ingesluit.
Vier lesers van die Springs Advertiser kan elk ’n dubbelkaartjie na die geleentheid wen, wat om 10:00 begin.
Al wat jy hoef te doen, is om ’n e-pos aan rinad@caxton.co.za te stuur en in een sin te verduidelik waarom jy graag die kaartjies wil wen.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 22 Oktober om 11:00. Maak seker dat jy ook jou naam, adres en kontaknommer verskaf.
Wenners sal telefonies gekontak word, waarna reëlings getref sal word om die kaartjies aan hulle te besorg.
Indien ‘n persoon nie telefonies bereik kan word nie sal ‘n volgende wenner getrek word. Die kaartjies kan nie vir kontant omgeruil word nie.



