Hugies se matrieks sluit jaar op hoë noot af
Leerders wat hul kant deur die jaar gebring het is tydens die Prestige-aand vereer.
Die 2021 matrikulante van die Hoërskool Hugenote is onlangs beloon vir hul toewyding en harde werk tydens die skool se Graad 12 Prestige-aand.
Leerders wat hul kant deur die jaar gebring het en top toekennings ontvang het is:
• Jurie Boshoff, die hoofseun van 2021, is bekroon as die skool se beste akteur vir die jaar. Hy verower ook ‘n trofee vir die beste prestasie in kultuur, nadat hy gedurende die afgelope vakansie in Kaapstad by die ATKV se Tienertoneel Landsfinaal aangewys is as die beste akteur in die hele kompetisie vir sy rol in Hoërskool Hugenote se produksie, Jy Is Vrou.
Hy is ook aangewys as die Ware Hugenoot. Dit is die hoogste toekenning wat Hoërskool Hugenote aan ‘n seun in matriek maak.
• Nina du Toit, die topkandidaat van Hoërskool Hugenote se 2021 matrikulante, is nie net aangewys as die die DUX-leerder nie, maar is die beste presteerder in Afrikaans, lewensoriëntering, lewenswetenskap, fisiese wetenskap, rekenaartoepassingstegnologie en religiestudies.
Sy het ook die trofee vir beste prestasie in natuurwetenskappe (lewenswetenskap en fisiese wetenskap saamgevoeg) asook die trofee vir beste prestasie in wiskunde en fisiese wetenskap (waar hierdie twee vakke bymekaar getel word) ontvang.
Dié slimkop het ook die Dux-Penning ontvang en sy het ook die Wilmari Fleischmann wisseltrofee vir die Hugie-matrikulant met beste akademiese prestasie in 2021 verower.
Also read: Hugenote se top matrikulante
• Alhoewel Chaneque du Plessis tydens die Prestige-aand aangewys is as die Hugie-matrikulant met die tweede beste akademiese prestasie in 2021, is sy ook die top-presteerder in Engels, besigheidstudies en geografie. Sy het ook ‘n trofee verower vir haar prestasie as die beste kandidaat in tale. Voorts het sy ook die Hugenote-kruis ontvang. Dit is die hoogste toekenning wat die skool aan ‘n dogter in graad 12 maak. Sy het die toekenning met Chanté Oberholzer gedeel.
• Ashlin de Lange het die toekenning vir die beste aktrise van die jaar ontvang.
• Nog een van die skool se slimkoppe, Jean Taljaard, is tydens die prestige-aand beloon as die beste presteerder in wiskunde, ingenieurs-grafika en ontwerp asook siviele tegnologie.
Follow us on our social media platforms: