AfriForum se Springs-tak slaggereed vir 2022
Die plaaslike AfriForum-buurtwag het reeds sowat 340 ure op die pad spandeer om die gemeenskap met patrollies veilig te hou.

Die AfriForum-tak in Springs het 2022 by die horings gepak en reeds talle aksies suksesvol afgehandel.
Die plaaslike AfriForum-buurtwag het reeds sowat 340 ure op die pad spandeer om die gemeenskap met patrollies veilig te hou.
Die buurtwag het saam met ander veiligheidsrolspelers brande geblus, reageer op huisbraakinsidente en hulp verleen op ongelukstonele.
Benewens hierdie aksies het die buurtwag ook verskeie volhoubare operasies saam met die SAPD en ander aangepak met die doel om misdaad te bekamp.
LEES OOK: Gun owners urged to collect renewed licences from SAPS
Daar is ondermeer padblokkades gehou, arrestasies uitgevoer en gesteelde voertuie teruggevind.
“Die Springs-tak het goeie verhoudings met mede-rolspelers in die gemeenskap en dit maak die tak se hande sterker om steunpilare in die gemeenskap te hê wat ons help om ons doel te bereik,” het Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder in die Oosrand, gesê.
“Die tak en buurtwag in Springs beplan om in 2022 talle opwindende aksies aan te pak en ons moedig die gemeenskap aan om hierby betrokke te raak.”
Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na voorsitter.springs@afriforumtak.co.za
LEES OOK: WATCH: New MMC unveils plan to rid lakes of hyacinth



