Vyf onderskeidings is deur Reinhardt Schmidt behaal in vakke soos Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie.
Hoërskool Hugenote se matriek groep van 2021 het Vrydag hul uitslae by die skool ontvang en is reg om die toekoms aan te pak. Frans Styger, hoof van die skool, is aangenaam verras met die prestasies van die skool se matrikulante. Volgens Styger het hy verwag dat die grendeltydperk ’n negatiewe impak op hul matriekuitslae sou hê, maar ’n slaagsyfer van 97.5% is behaal en 68% van die matrikulante het met universiteitstoelating geslaag. Die 2021 toppresteerder is Nina du Toit met ses onderskeidings. Jean Taljaard, Reinhardt Schmidt, Lané Enslin en Chaneque du Plessis het almal vyf onderskeidings behaal. Charne Smith kon daarin slaag om vier onderskeidings in haar sak te steek.
Charné Smith het uitgeblink in Afrikaans, Engels, wiskundige geletterdheid en rekenaartoepassingstegnologie.
Die top-kandidaat van Hugenote se klas van 2021 is Nina du Toit. Sy het ses onderskeidings behaal: Afrikaans, Engels, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskap, fisiese wetenskappe en religiestudies. Nina wil graag medies studeer.
Jean Taljaard het vyf onderskeidings behaal: Afrikaans, Engels, wiskunde, siviele tegnologie, en ingenieursgrafika en ontwerp.
Lané Enslin het vyf onderskeidings behaal in Engels, wiskunde, rekeningkunde, besigheidstudies en rekenaartoepassingstegnologie.
Chaneque du Plessis het vyf onderskeidings behaal: Afrikaans, Engels, besigheidstudies, rekenaartoepassingstegnologie en geografie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!