Local newsNews

Hugenote se matriekuitslae beïndruk

Hoërskool Hugenote se matrieks pronk met hul uitslae.

Hoërskool Hugenote se matriek groep van 2021 het Vrydag hul uitslae by die skool ontvang en is reg om die toekoms aan te pak.
Frans Styger, hoof van die skool, is aangenaam verras met die prestasies van die skool se matrikulante.
Volgens Styger het hy verwag dat die grendeltydperk ’n negatiewe impak op hul matriekuitslae sou hê, maar ’n slaagsyfer van 97.5% is behaal en 68% van die matrikulante het met universiteitstoelating geslaag.
Die 2021 toppresteerder is Nina du Toit met ses onderskeidings. Jean Taljaard, Reinhardt Schmidt, Lané Enslin en Chaneque du Plessis het almal vyf onderskeidings behaal. Charne Smith kon daarin slaag om vier onderskeidings in haar sak te steek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button