News

Jong krieketspeler se droom word waar

Die Binnenshuise Krieket Protea span het in Maart Dubai toe getoer.

Stefan Lubbe se grootste droom het waar geword toe hy vroeër vanjaar vir die nasionale binnenshuise krieketspan gekies is.
Alhoewel Stefan een van die span se jongste spelers is, is hy ‘n top paaltjiewagter en doen ook kolfwerk.
“Ek was verskriklik bly toe ek gekies is want dit was nog altyd my grootste droom om vir my land te speel,” het hy gesê.
Die 21-jarige krieketspeler was in Maart vir die eerste keer oorsee toe hy saam met dié span Dubai getoer het.
“Dit was iets besonders om te ervaar want die vlak van krieket daar is baie beter.”
Stefan het aan die Advertiser vertel dat binnenshuise krieket ‘n baie vinnige spel is en dat dit hom op sy tone hou.
Dié nasionale span oefen tans een keer per maand in Sandton.

Also read: Cricket semi-final decided in the last over

Stefan woon in Pietersfield uitbreiding en het in 2018 aan Hoërskool Hugenote gematrikuleer.
Hy studeer tans aan die Noordwes-Universitiet van Potchefstroom waar hy in sy vierde jaar besig is met erfenis- en kultuurtoerismebestuur.
Dié atleet se liefde vir krieket het al op die ouderdom van sewe begin.
“Krieket is baie groot in my gesin. Beide my broers speel self krieket en het ook al SA’s aksie krieket gespeel.”
Stefan se raad aan jong opkomende krieketspelers is om aan te hou speel en om in jouself te glo.
Die span gaan binnekort meer oefenkampe hou om vir die wêreldbeker, wat Oktober in Australië sal plaasvind, vor te berei.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button