Local newsNews

VLU sluit die jaar af

Die VLU het 'n heerlike ete vir hul laaste vergadering van die jaar geniet.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou Unie het Woensdag hul afsluitingsete in die Renier Steyn saal by Rus-‘n-Bietjie gehou.

Die verrigtinge is geopen deur Joyce Enslin wat die verhaal van die Titanic vertel het met ‘n Bybel-versie aan die einde en gebed.

Daarna het Sankie Jordaan die gaste voorgestel, die lede kans gegee om te spog of te praat oor dinge wat pla, verjaarsdae genoem en aangekondig dat die bestuur vir die jaar gaan oorstaan tot volgende jaar.

Madelein Fourie het daarna ‘n kortverhaal en gedig voorgelees waarna die lede ‘n smaaklike middagete en nagereg geniet het.

Maryna Maré het uitsonderlike en unieke silwer juwele en serpies uitgestal.




Follow Us: FacebookTwitterInstagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button