Local newsNews
Helpende Hand samel paaseiers in
Die doel van die projek is om die kleuters meer van paasfees te leer.
Paasfees is om die draai en die Springs-tak van Solidariteit Helpende Hand is besig om paaseiers in te samel.
Die doel hiervan is om die paaseiers by kleuterskole in die dorp te gaan uitdeel maar ook om terselfdertyd vir die kinders meer van paasfees te leer, deur middel van ’n poppekasvertoning.
Inwoners wat paaseiers wil skenk kan die voorsitter van die Springs-tak, Martie de Villiers, by 082 579 9755 kontak of die eiers kan by Kentsirkel 68, Petersfield, afgelaai word.
“Ons hoop om soveel moontlik kleuterskole te besoek en sal enige skenking hoog op prys stel,” het de Villiers gesê.
Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



