Local newsNews

Hugentoe akteurs skitter by FAK toneelfees

Die skool het altesaam 11 pryse ingepalm by die finaal en 'n wenproduksie losgespeel.

Die Hoërskool Hugenote het op 15 en 16 September met drie tonele deurgedring na die finaal van die Allegretto FAK Toneelfees, wat by die Voortrekker Monument plaasgevind het.

Die toneelstukke was Tussen die Lang Grasse wat ook die wenproduksie in die finaal was, Alles Anke en Die Dorp, wat beste komedie gewen het.

Die afrigters en regisseurs was Kobus en Wayne van der Schyff-Smal. Kobus van der Schyff-Smal was die skrywer van al drie stukke.

Uit 146 produksies wat aan die fees deelgeneem het is slegs twaalf deur na die finaal.

Die skool het altesaam 11 toekennings in verskillende kategorieë ontvang, sowel as ‘n kontantprys van R10 000.

Hulle is ook die geleentheid gegun om volgende jaar by die Oppiwater Kunstefees op te tree op die MSC Splendita se reis van Durban na Mosambiek.

Matriek leerder Nikita Meyer het die prys vir beste aktrise gewen, en Dillan Bach het veelsydigste speler en beste manlike byspeler in ‘n komedie gewen.


ALSO CHECK: Black Flamingo spotted at nature reserve

ALSO CHECK: Croukamp takes bronze in men’s doubles at championships




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button