
Rugbykoors het Sondagaand ‘n top punt bereik toe die Springbokke naelskraap (29-28) met die Franse afgereken het om hul plek in die halfeindstryd teen England te beklink.
Uit die aard van die saak is dit fantastiese nuus vir elke Bok-ondersteuner maar ook vir inwoners van die dorp wat nog steeds ‘n kans staan om ‘n etebewys van Maxi’s in die Mall@Carnival te wen.
Dit is maklik om in te skryf: Stuur vir ons ‘n foto wat wys dat jy ‘n stoere Bok-ondersteuner is.
Die foto kan by ‘n vorige wedstryd of geleentheid geneem gewees het, maar mag nie ouer as ses maande wees nie.
Dit kan ook tydens die Bokke se kragmeting teen Engeland (of hopelik tydens die finaal) geneem word, waar jy die wedstryd op televisie, by jou huis of by ‘n kuierplek, volg.
Daar kan meer as een persoon in die foto verskyn maar die persoon wat die foto inskryf sal die prys ontvang.
Name en vanne van almal in die foto moet aangedui word asook inligting oor waar en wanneer die foto geneem is.
Also read: Rugby star on the rise
As jy nie so ‘n tipe foto het nie kan jy dadelik kreatief raak en ‘n gepaste foto vir ons instuur.
Daar is geen ouderdomsbeperking nie. Of jy nou ‘n gesoute ondersteuner is of jou baba of kleuter wil inskryf, dit sal werk.
Let op die volgende:
• Die sluitingsdatum vir die kompetisie sal is 30 Oktober om 09:00
• Die wenfoto (en moontlik ook van die ander inskrywings) kan in die Springs Advertiser gepubliseer word.
• Die wenner sal ook telefonies gekontak word.
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Springs.
• Meld ‘n kontaknommer in die e-pos.
• Inskrywings kan gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za
• Meld die woorde Go Bokke in die onderwerp kassie.
• Die waarde van die koopbewys is R1 000 en dit kan nie vir kontant omgeruil word nie.



