Local newsNews

VLU jaarafsluiting bring nuwe voorsitter

Die dames is ook vermaak deur Sandra Taljaard van Style Challenge International.

Die Carpe Diem-tak van die VLU het verlede Woensdagmiddag vergader en terselfdertyd hul afsluiting vir die jaar gevier en ‘n nuwe voorsitter vir die tak verkies.

Die verkiesing is deur streekvoorsitter Ronel Lombaard behartig en Louise Fourie is as die nuwe takvoorsitter gekies.

Sankie Jordaan, die vorige voorsitter wie se termyn verval het, is as die vise-voorsitter gekies. Beide die lede sal op 2 Maart 2024 tydens die VLU se konferensie voorgestel word.

Sandra Taljaard van Style Challenge International het die vroue wenke gegee het oor styl, mode, selfbeeld en kreatiwiteit.


Die modewenk wat op Ashleigh Labuschagne gedemonstreer is, behels dat jy ‘n serp knoop en om jou lyf vasbind om ‘n klassieke aandbloes te skep.

“Styl gaan nie net oor klere nie, dis oor wie jy is en hoe jy jouself dra,” was haar boodskap aan die vroue.

“Ons val in ‘n groef van repetisie, en ons kies dieselfde klere oor en oor. Ons moet waag om anders te wees en te lyk.”

Solidariteit Helpende Hand het ook die vergadering bygewoon om lede vir die Springs-tak te werf.

Die wenners vir die maand se artikels is as volg:

Bettie Bezuidenhout het die gebak, kook en fotografie afdelings gewen. Gebak was wortelkoek, gekook ‘n toebroodjie smeer en fotografie was ‘n Kersfeestoneel.

Wilna Evans het die blomme afdeling met ‘n Kersfees tafelruiker gewen. Marsha Horn het die herwinningsafdeling met haar herwonne Kersversierings gewen en Louise Fourie het die ope-afdeling gewen.

Die VLU vergader een keer ‘n maand op ‘n Woensdagmiddag by die AGS Fonteinedal se kerksaal op die hoek van Vierde Straat en Vyfde Laan.

Kuns en kunsvlyt artikels word ingeskryf vir beoordeling en gassprekers praat by elke vergadering met die dames.
Belangstellendes kan vir Sankie Jordaan by 082 922 9712 kontak.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button