Local newsNews
Voortrekkers help die DBV
Die kinders het dit geniet om hul Saterdagoggend saam met die DBV se 'hondekinders' deur te bring.
Die Springs Voortrekkers het Saterdagoggend ‘n besoek gebring aan die Springs Dierebeskermingsvereniging (DBV).
Vier en twintig Voortrekkers het die oggend benut om met van die diere te stap en saam met hulle te speel.
Die span het ook nie met leë hande opgedaag nie.
‘n Skenking van dierekos en komberse het ook verligting gebring vir die DBV.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




