Local newsNews

Kinders geniet hengelkompetisie

Die grootste vis wat Saterdag gevang is het 3.7kg geweeg.

The Garrison Pub @ Lady Luck het Saterdag ‘n hengelkompetisie vir kinders tussen die ouderdomme van ses en 15 jaar aangebied.

Daar was baie vermaak, stalletjies en ‘n springkasteel vir die kinders.

Die ingangsfooi was kos vir troeteldiere wat dan aan die Springs DBV geskenk is en daar was ook pryse uitgedeel aan die dag se hengelkampioene.

Ongeveer 20 visse is inkatrol en die grootste vis vir die dag was 3.7kg.

The Garrison Pub @ Lady Luck beoog om die hengelkompetisie ‘n jaarlikse instelling te maak.




LEES OOK: The future of Springs envisioned

LEES OOK: Tonne aartappels voed honger mae

Related Articles

 
Back to top button