Local newsNews

Springs Rugbyklub wen oortuigend

Meyerton byt die onderspit teen Springs.

Springs Rugbyklub het op 13 April gasheer gespeel vir Meyerton in die Presidentsliga.

Springs se tweede span het hulle wedstryd met 65-14 gewen.

Springs se eerste span het op hulle beurt met Meyerton se eerste span met 53-12 afgereken.

Meyerton het op tye meedoƫnloos aangeval maar Springs se verdediging was reg deur die wedstryd dodelik.

In die eerste helfte het Springs 33-0 voorgeloop.

Meyerton het in die tweede helfte verbete teruggeveg en kon daarin slaag om twee keer agter Springs se doellyn te kuier.


Related Articles

 
Back to top button