Local newsNews

Bakkie tref man toe hy struikel en in pad val

Jaun-dre sterk tans in die Life New Kensington Kliniek in Johannesburg aan.

‘n 22-Jarige man van Anzac, Brakpan het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n bakkie oor hom gery het en hy glo etlike meters ver gesleep is.

Die voorval het op 3 April om ongeveer 17:45 plaasgevind toe Jaun-dre Barnard se voertuig in Paul Krugerweg, Springs onklaar geraak het.

Jaun-dre, wat die pa van ‘n een-jarige seuntjie is, was glo op pad huis toe.

Hy het na bewering uit sy motor geklim om vas te stel wat die probleem is en met die loop na sy enjinkap het hy gestruikel en geval.

Enkele sekondes later het die bakkie oor hom gery. Jaun-dre het volgens inligting interne asook ‘n ernstige kopbesering opgedoen.


Juan-dre het ‘n ernstige kopbesering opgedoen.

Hy het ook gebreekte ribbes en ‘n gebreekte sleutelbeen en ander beserings aan sy liggaam.

Hy is aanvanklik in die Verre Oos-Rand Hospitaal opgeneem maar is op 10 April na Life New Kensington Kliniek in Johannesburg oorgeplaas waar hy tans behandel word.

Sy ma, Angelique Barnard het aan die Advertiser gesê dat haar seun by tye baie deurmekaar is.

“Hy kan nie eers onthou dat hy ‘n klein seuntjie het nie.”

Angelique sê dat sy kan sien dat haar seun in erge pyn is.

“Dit is vir ons baie moeilik om hom so te sien. Ek weet nie eers of hy ooit volkome gaan herstel nie,” het Angelique gesê.

Daar is baie onsekerheid oor hoe Jaun-dre se pad na herstel lyk.

“Ons is bang die breinbeserings haal hom later in sy lewe in, dit is waarom ons nou vir hom die beste moontlike mediese sorg moet kry.”

Benewens die gesondheid van haar seun bekommer sy haar ook oor die mediese onkostes.

Die gesin het ‘n finansieringsveldtog op BackaBuddy gestig om vir Jaun-dre se mediese uitgawes en sy rehabilitasie, wat nog voorlê, te help betaal.

Persone wat wil bydra tot die mediese onkoste kan die skakel op die aanlyn webwerf gebruik.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/medical-funds-for-jaun-dre



Translated to English 

Man dragged by bakkie left seriously injured

A 22-year-old man from Anzac in Brakpan suffered serious injuries after he was hit by a bakkie and apparently dragged for several meters.

The incident took place on April 3 at about 17:45 when Jaun-dre Barnard’s vehicle broke down on Paul Kruger Road, Springs.

Jaun-dre, who is the father of a one-year-old boy, was apparently on his way home.

He allegedly got out of his car to determine what the problem was and while walking to the front of the car, he tripped and fell. A few seconds later the bakkie ran over him.

According to information, Jaun-dre suffered a serious head injury, as well as broken ribs, a broken collarbone and other injuries to his body.

He was initially admitted to the Far East Rand Hospital but was transferred to the Life New Kensington Clinic in Johannesburg on April 10 where he is currently being treated.

His mother, Angelique Barnard told the Springs Advertiser that her son is very confused at times. “He can’t even remember that he has a little boy.”

Angelique says she can see her son is in severe pain.

“It is very difficult for us to see him like this. I don’t even know if he will ever make a full recovery,” Angelique said.

There is a lot of uncertainty about what Jaun-dre’s road to recovery looks like.

“We are afraid the brain injuries will catch up with him later in his life, which is why we need to get him the best possible medical care now.”

In addition to the health of her son, she also worries about the medical expenses.

The family has set up a funding campaign on BackaBuddy to help pay for Jaun-dre’s medical expenses and his rehabilitation, which is still to come.

Those who wish to contribute to the medical expenses may use the link.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/medical-funds-for-jaun-dre



LEES OOK: NPOs are at the mercy of the State

LEES OOK: Wright Park inwoners boos oor metro se gesloer

Related Articles

 
Back to top button