Local newsNews

Springs Rugbyklub soek vroulike spelers

Oefensessies vind elke Dinsdag en Donderdag by die klub plaas.

Die Springs Rugbyklub maak voorsiening vir vroulike rugbyspelers van alle ouderdomme en nooi belangstellendes uit om by die klub aan te sluit.

Oefensessies vind elke Dinsdag en Donderdag plaas by die klub vanaf 17:15 tot 18:30.

Geen ondervinding is nodig nie en die rugbyspelers sal alles leer wat hulle moet weet.

Daar sal op fiksheid, rugbyvaardighede en ontwikkeling gefokus word.

Belangstellendes kan die hoofafrigter, Jacques Dirkson by 082 678 6024 kontak.

Related Articles

 
Back to top button