Local newsNews

Top klas teater word by skool gebou

Dié teater sal een van die grootstes in die Oos-Rand wees.

Nuwe ontwikkeling in Springs is oral te bespeur en die Laerskool Selectionpark staan baie trots om self ‘n bydrae te lewer tot die positiewe vooruitgang van die dorp.

Konstruksiewerk is tans aan die gang om een van die grootste teaters in die Oos-Rand op die skool se perseel op te rig.

Dié teater sal oor meer as 800 sitplekke beskik en sal onder andere toegerus word met top kwaliteit klank en beligting.

Die skoolhoof, André du Plessis, sê dit is ‘n droom van hom om ‘n teater tot stand te bring. Hy het in 2021 met die idee vorendag gekom en dadelik werk daarvan gemaak.


LEES OOK: NPOs are at the mercy of the State


Volgens André, wat al vir 31 jaar as skoolhoof dien, het ruimte in die huidige skoolsaal ‘n probleem geword. “Die leerders pas nie meer in die saal nie, ons is nou te veel.”

Die hoofdoel van die nuwe teater is om al die leerders met saalbyeenkomste en prestasie aande te akkommodeer maar dit sal ook aan die gemeenskap beskikbaar gestel word om produksies aan te bied.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid om hierdie teater die lig te laat sien en my wens is dat almal die fasiliteite sal benut en geniet,” het André gesê.

Laerskool Selectionpark beplan nóg vele vertonings, waarvan hul eie revue-produksie later vanjaar een van die eerstes daarvan sal wees. Dié teater sal na verwagting einde Augustus gereed wees om sy deure oop te maak.


Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button