Local newsNews
Kerk se jeug help by DBV
Die jeuggroep het Sondagoggend by die Springs DBV deurgebring.

Die Brakpan Sewende-Dag Adventiste Kerk se jeuggroepe het Sondagoggend tyd by die Springs Dierebeskermingsvereniging deurgebring en hand bygesit om sekere take te verrig.
Die groep jong mense het gehelp met die skoonmaak van die diere se hokke en die kosbakke.
Hulle het selfs die honde en katte gebad. Dié groep het ook nie leë hande opgedaag nie en ook ‘n skenking van kos, komberse, speelgoed en bandjies aan die Springs DBV oorhandig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.