Local newsNews
Geen keer aan VLU lede se kreatiwiteit
Vandeesmaand het die vroue meer van Tjhoko verf geleer.
Die VLU Springs-tak se maandelikse vergadering het Woensdagmiddag die lede se kreatiwiteit op die proef gestel.
Die voorsitter, Louise Fourie het die vergadering gelei en het die gasspreker, Carin Maree aan die woord gestel nadat die formaliteite afgehandel is.
Carin het die lede meer van Tjhoko verf geleer en ‘n aanbieding daaroor gelewer. Elke lid het ‘n klein potplant ontvang wat hulle kon verf en verfraai.
Die kreatiwiteit het behoorlik gevloei en pragtige klein potjies is geskep. Die VLU vergader die tweede Woensdag van elke maand.
Enigeen wat belangstel om by die groep dinamiese vroue aan te sluit, kan Louise by 083 268 8570 kontak.
ALSO READ: Mej Springs het groot planne
ALSO READ: Nuutverkose GPF voorsitter gereed om ‘n verskil te maak
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.