Local newsNews

Skoolhoof voer groot planne in die mou

Anne-Zelle het die vierde kwartaal op hulle nuwe perseel in Petersfield afgeskop.

Die Anne-Zelle Mikro-skool het na afloop van die derde kwartaal vanaf Casseldale geskuif na ‘n groter en ruimer perseel in Petersfield.

Hulle het die vierde kwartaal op ‘n goeie noot afgeskop en volgens die skoolhoof, Paul Liebenberg is dit die beste besluit wat hy kon neem.

In ‘n vorige onderhoud met die Advertiser (Nuwe hoof vir Anne-Zelle) het Liebenberg gesê hy beoog om Anne-Zelle na hoër hoogtes te neem.

“Dit was ‘n groot droom wat in ‘n kwessie van ‘n paar maande bewaarheid is. Die Here is regtig baie goed vir ons,” het Liebenberg gesê.

Die skool se kalender vir die res van die jaar is propvol met hulle opedag en gholfdag wat binnekort plaasvind.

Hulle beplan ook om meer betrokke by die gemeenskap te raak deur uitreikings na tehuise te doen.



LEES OOK: Egpaar se liefde skitter soos ‘n diamant na 60 jaar

LEES OOK: Reminder: Update your prepaid electricity meter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button