Springs DBV herleef pretdraf met Halloween tema
Die volgende pretdraf sal op 4 Desember plaasvind
Die Springs DBV het Woensdagaand die eerste pretdraf na afloop van die winter aangebied.
Hierdie geleentheid, wat eintlik elke tweede maand plaasvind, is die laaste keer in April gehou weens die koue en omdat dit gedurende die winter te donker raak vir die deelnemers en hul troeteldiere om die roete te volg.
Woensdag se wedloop het weer by die Springs Buiteklub plaasgevind met ongeveer 100 mense wat deelgeneem het en die vars lug geniet het.
Die tema was Halloween en die deelnemers het nie geskroom om in Halloween kostuums op te daag en deel te neem nie.

Afgesien van die deelnemers wat met hul troeteldiere die roete gestap het, was daar wel individue wat die wedloop meer ernstig opgeneem het.
Jean-Louie van Biljon het die roete eerste voltooi met Andile Mkansi kort op sy hakke en Lee Bauer het derde geëindig.
Al die opbrengste van dié geleentheid gaan aan die Springs DBV om ‘n goeie lewenstandaard vir die diere te handhaaf.
Die volgende pretdraf wat deur die Springs DBV aangebied sal word, sal op 4 Desember plaasvind hierdie keer met Kersfees as die tema.
ALSO READ: Water police recover four bodies and a foetus
ALSO READ: Forum helps more youth with skills development





