Dra by tot minderbevoorregte kinders se Kerspartytjie
Die gemeenskap word aangemoedig om by hierdie Kersfees projek betrokke te raak en 'n positiewe bydrae te lewer.
Die nie-winsgewende organisasie, 3G Ministries beplan om met hul Project Lifeline sowat 322 minderbevoorregte kinders te bederf.
Hierdie projek fokus op die minderbevoorregte kinders van verskeie laer- en hoërskole van die dorp.
3G Ministries beoog om vanaf 25 tot 29 November kerspartytjies te hou waar hierdie kinders ‘n heerlike ete, kersgeskenke en ‘n inspirerende boodskap sal ontvang.
Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om by te dra tot hierdie projek deur finansiële bydraes te lewer of op die dag van die kerspartytjies handjie by te sit.
Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak Niel Smit by niel@warrior.co.za of 074 680 6596.
ALSO CHECK: City gives water supply update
ALSO CHECK: Ekurhuleni Readers’ Choice Awards celebrate top local businesses