Local newsNews

Nuwe bloed in Springs Rugbyklub se afrigtingspan

Springs Rugbyklub het onlangs twee nuwe afrigters verwelkom.

Die Springs Rugbyklub het onlangs hul afrigtingspan vir 2025 bekendgemaak, met twee nuwe afrigters wat by hulle aangesluit het.

Dean Wiehahn en Francois Prinsloo was beide spelers wat vanjaar vir Springs se eerste span uitgedraf het. Dié twee verruil nou hul rugbystewels vir fluitjies.

Dean was vanjaar in die nommer nege trui te sien en is aangestel as agterlynafrigter.

Francois was weer gemaklik in die slot of agtsteman posisies en sal meer met die voorspelers te doen hê.

Vanjaar se hoof afrigter, Johan Zondagh sal steeds die eerste span lei.

Met nuwe bloed in die afrigtingspan, is Springs Rugbyklub gereed vir die 2025 seisoen wat voorlê.



LEES OOK: Dump garden waste at the city’s mini dumpsites

LEES OOK: Local vet succeeds in manufacturing pet nutrition brand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button