VLU sluit jaar op goeie noot af
Die VLU Springs-tak het onlangs die laaste vergadering vir die jaar gehou.
Die VLU Springs-tak het op 13 November hul jaarlikse afsluiting met ‘n spesiale Kersete geniet. Die tak wat vanjaar al hul 40ste bestaansjaar vier, spog reeds met 480 vergaderings.
Omdat dit die laaste vergadering van die jaar is, het verskeie lede ‘n gas gebring om die middag saam te geniet.
Beide lede en gaste is met ope arms verwelkom en die voorsitter, Louise Fourie het die vergadering gelei.
Daar was ‘n tafel met ‘n verskeidenheid items wat die dames oor die jaar ingesamel het en self gemaak het.
Hierdie items soos geskenkbokse, toiletware en handgemaakte poppe sal aan verskeie minderbevoorregte mense en kinders geskenk word.
Daar lê ‘n bedrywige maar ook opwindende 2025 vir hierdie groep dinamiese vrou voor, ‘n jaar wat hulle met ywer gaan aanpak.
Die eerste vergadering van die nuwe jaar sal op 15 Januarie afskop. Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak Louise Fourie by 083 268 8570.
LEES OOK: Hospice East Rand honours 37 years of care at AGM
LEES OOK: Oud-hoof van Springs Tegniese Skool oorlede





